Zuid-Afrikaanse Brieven.


Primitief imkeren te Kalkputs op de Carrov-hoogvlakte.
Nou ja, ons "bije" hou ons gewoonlik somar so in 'n parafine kaste (of petrol kisten), ons het nie die gewoonte nie, om vir hulle stroïe huise te maak nie, as ons die bijeswerm vang in 'n boom of in 'n bos, dan sit ons gewoonlik die petrol kas onder, en dan skud ons die tak, dat die bije in die kas in val, so gou as die koningin in is, dan trek almal agter haar aan. As die koningin wil ga eiers lê, en ons wil dit nie hé nie, dan vang ons haar, en sit haar in 'n krijt-boksie, oor die opening van die boksie, sit ons 'n fijn stukkie vlieë sif, sodat die ander bije kos vir haar kan aangee.
Op die manier het ons nie jong bije nie, en net skoon heuning. Partijmaal as ons gemaklik wil werk dan neem ons ook 'n petrol kas en sit skuins smal plankies bo oor, sodat die "koeke" aan die plankies vassit.
Aan die agter kant is gate (vlieggat) waar deur die bije heen en weer trek, om kos aan te bring.
As ons die heuning uithaal, hetwelk in goeie heuning tijd, om de veertien dae leeggehaald word. Een slag was daar meer as veertig pond skoon heuning uit een kis: ie in veertien dae, dan gee ons net die bije rook sodat hulle van heuning aftrek, en dan trek ons net die planke, een vir een uit, met heuning en al, dan snij ons net die heuning koeke af en sit weer die plankies reg.
As die bije intrek dan gee ons net een skotteltjie suikerwater en dan moeten ze weer gaan aan hul werk.
In die berge is kranse en skeure en diepe klippe, daar gaan die bije ook in en daar maak hulle vreeslik baie veel heuning. Die heuningnes is 'n voet breed en 15 voet lank, 'n groot man staan daarin regop.
Wij hé op so'n plek heuning koeke gesnij die oor die 300 pond geweeg het, dit was op Renoskolk gewees.
Al die bijmans gee die meeste van die heuning aan die Hotnots, Kaffers en Boesmans, wat op hulle plase as werkvolk diens doen. Die mooiste en beste heuning gebruik ons self of verkoop dit.
Dikwels trek die swerme weg, sonder dat sij gevang word.
Nou sê ek weer, as 'n mens nie vir bije goed sorg nie wil hij ook nie vir jou vir heuning sorg nie.
Nou sluit ek met beste kroette aan alle bijemans.

VAN NORTJE.